loader image

Buitemuurse Aktiwiteite

Daar word `n verskeidenheid van buitemuurse aktiwiteite aangebied op die perseel van Leersame Lyfies. Ons glo elke kind sal iets vind waarin hul graag wil deelneem. Wees asseblief bewus dat hierdie aktiwiteite slegs by ons skool aangebied en dat Leersame lyfies geen verantwoordelikheid neem vir die instansie en hul programme nie. Die Aktiwiteite is onafhanklik van ons skool en elke instansie het hul eie reƫls, bepalings en voorwaardes. Leersame Lyfies is geensins finansieel betrokke by hierdie aktiwiteite nie.